Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 13 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-07-2026 só ingevul:



Tanya is deesdae 'n ........ in filosofie.
doktir
97 % (afgerond)doktor 
2 % (afgerond)doktor of dokter
1 % (afgerond)dokter

Sommige woorde lyk eners maar word verskillend gebruik, soos "dokter - doktor", “tewens – trouens” en “mits – tensy”. ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer.
Die woord "dokter" verwys na 'n 'mediese dokter' teenoor "doktor" wat na 'die hoogste akademiese graad' verwys.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Dit is natuurlik ........ nie 'n probleem nie.
40 % (afgerond)opsigself
14 % (afgerond)op sig self
44 % (afgerond)op sigself 
3 % (afgerond)opsig self

"Sigself" is 'n wederkerende voornaamwoord, soos "homself" of "myself". Dit is egter geslagsneutraal en sou in kontekste soos die volgende gebruik kon word: "'n Gebruiker moet sigself vergewis van die bepalings en voorwaardes." Dit is egter meer gebruiklik in Afrikaans om te skryf: "'n Gebruiker moet homself...", aangesien die verstekgeslag in die Afrikaanse grammatika manlik is.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



........ is ’n landboutegniek wat by onbesproeide landbougewasse, wat min jaarlikse natuurlike reënval ontvang, toegepas word.


2 % (afgerond)Droë land-boerdery
2 % (afgerond)Droë-land boerdery
Droë land boerdery
96 % (afgerond)Droëlandboerdery 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABlandboerdery
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die getal toeriste wat Suid-Afrika besoek, is aan die toeneem.
Wat is die woordsoort van "toeneem" in bostaande sin?

12 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord
15 % (afgerond)selfstandige naamwoord
71 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties