13 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-07-2026 só ingevul:
In goeie Afrikaans is 'n ........ dieselfde as 'n duisend miljoen.
miljard biljoen
In Afrikaans (sowel as in Nederlands en die meeste tale van kontinentale Europa) word groot getalle volgens die sogenaamde lang skaal benoem. Hiervolgens word 'n duisend miljoen 'n "miljard" genoem. Daarteenoor geniet die term "billion" in die Anglo-Amerikaanse konteks (en dikwels ook in Suid-Afrikaanse Engels) voorkeur. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Kort_en_lang_skaalverdeling
Sien ook die bladsy Getalle.
Mnr. Lehmann werk in die ........ .
rekenaarsagteware programmeringbedryf rekenaar sagte ware programmering bedryf rekenaarsagtewareprogrammeringbedryf rekenaar sagteware programmering-bedryf
Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word. Byvoorbeeld: "rekenaar" + "sagteware" + "programmering" + "bedryf" = 'rekenaarsagtewareprogrammeringbedryf'
Sien ook die bladsy Samestellings.
Henriette het gesê sy gaan ........ van room en sjokolade vir die partytjie maak.
horingtjies horinkies horingkies horingetjies
Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “horing” word “horinkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Idioom: Die ........ in jou eie oog nie opmerk nie.
splinter doring stof balk
Die idioom "die balk in jou eie oog nie merk" beteken 'om jou eie groot foute nie raak te sien nie'. In Engels is dit 'not consider the beam in one's own eye'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)