10 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-07-2026 só ingevul:
Watter ........ geweer het ek nodig om te gaan jag?
kallieber kaliber kalieber kalliber
Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Ek weet nog nie hoe ons vakansieplanne ........ nie, maar ek laat weet jou so gou alles gefinaliseer is.
daarna uitsien daaruit sien daar uitsien daaruit nasien
Die uitdrukking "daar uitsien" beteken 'lyk' en is 'n deftige manier om dit te stel. In hierdie konteks is "uitsien" 'n skeibare werkwoord en "daar" is die eksistensiële daar. In die praktyk beteken dit "daar" is altyd los en "uitsien" gaan na gelang van die sinskonstruksie vas of geskei wees:
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die siekte waaraan Stephen Hawking en Joost van der Westhuizen gely het, staan bekend as ........ .
motorneuronsiekte motor neuronsiekte motor-neuronsiekte motor neuron siekte
ʼn Samestelling (“motorneuronsiekte”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“motor”, “neuron” en “siekte”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
As ek jy was, sou ek ........ aan die dag lê en liewer nie sê wat jy vermoed nie.
diskressie deskressie diskresie deskresie
Hoewel die woord "diskresie" die klem op ’n kort [ε]-klank het, word die "s" om etimologiese redes nie verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)