10 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-07-2026 só ingevul:
Die honde het met 'n groot lawaai op die oortreder afgestorm. Wat is 'n antoniem vir "met 'n groot lawaai" in bogenoemde sin?
knorrend stertswaaiend opgewonde suutjies
Antonieme is woorde wat teenoorgestelde betekenisse het. "Suutjies" beteken 'saggies'.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Die ........ hou die dak van ʼn gebou op.
kolome kollomme kolomme kollome
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("kolom"), kry ’n "-e" in die meervoud AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: Geen kop of ........ van iets kan uitmaak nie.
keel stert vingers voete
Die beeste soek skadu teen die warm middagson. Wat is die woordsoort van die woord "skadu" in bostaande sin?
voegwoord adjektief selfstandige naamwoord bywoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: skadu - die skadu - skadu's.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)