09 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-07-2026 só ingevul:
Dawid is die ........ mannetjie wat ek ken.
mees lewenslustigste lewenslustigste lewenslistigste
Die oortreffende trap van 'n woord wat eindig op die letter "g" word gevorm deur die letters "ste" agteraan die woord te voeg. "Lustig" beteken 'lus vir', terwyl "listig" 'skelm' beteken.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die sekerheidsbeampte by die lughawe het daarop aangedring dat hulle eers hul skoene, baadjies en ........ verwyder, voordat hulle gevisenteer is.
belte belts belde belte of belde
Die woord "belde" is die meervoud van sowel "belt" (die oorspronklike Engelse leenwoord) as "beld" (die eweneens aanvaarde verafrikaanste weergawe daarvan). Klankverwarring kom dikwels voor tussen "t" en "d" aan die einde van 'n woord, aangesien albei in Afrikaans as stemloos (d.w.s. as [t]) uitgespreek word. Deur te luister na die verboë vorm van so 'n woord (byvoorbeeld die meervoud), kan normaalweg bepaal word of dit met 'n "t" of 'n "d" gespel moet word. Beide die enkelvoudsvorme "belt" en "beld" word egter in hierdie uitsonderlike geval aanvaar.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Baie mense glo vas aan die ........ om gewig te verloor.
laekoolhidraat-hoëvetdieet lae koolhidraat, hoë vet dieet lae-koolhidraat- hoë-vet-dieet lae koolhidraat, hoë vet-dieet
By samestellende samestellings, byvoorbeeld "laekoolhidraatdieet", kom daar nie 'n koppelteken tussen die byvoeglike naamwoord en die selfstandige naamwoord nie (AWS 12.6). As 'n mens die woorde "en", "of", "per", "tot", "tussen" of "van" kon gebruik, word die deel waar die woord sou inkom met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 12.7).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
In 'n ondersoek het die meeste maatskappye bevind dat hul e-pos-stelsels meer ........ is as 'n jaar gelede.
trefbaar breekbaar kwesbaar broos
Die woord "kwesbaar" verwys na iets 'wat maklik beskadig kan word'; die woord "tref" beteken 'raak', gewoonlik deur te skiet of te slaan. As iets "trefbaar" is, kan dit dus "geskiet" of "geslaan" word. Die woord "breekbaar" verwys na iets wat maklik kan breek, byvoorbeeld glas. Die woord "broos" is 'n sinoniem vir "breekbaar" hoewel dit meetstal figuurlik gebruik word, byvoorbeeld: Haar hart is broos ná die verlies van haar geliefde. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)