Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 09 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-07-2026 só ingevul:



Jy moet ........ vir bemesting gebruik; dit werk baie goed.
7 % (afgerond)guano of goeanoe
66 % (afgerond)ghwano of guano 
8 % (afgerond)gwano
19 % (afgerond)ghwano

Woorde van vreemde herkoms met ʼn verafrikaanste en vreemde spelling val in die tussenklas. Die spelvorme is dus wisselvorme.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Ek het gedink hy behoort so in die lae ........ te eindig gegewe sy tyd in die uitdunne.
2 % (afgerond)tien'e
57 % (afgerond)tiene of tiens 
39 % (afgerond)tiene
2 % (afgerond)tien's

Woorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2). In hierdie geval word die meervoudsvorm met "-s" ook erken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ is 'n gewilde musiekgenre van mense in daardie dorp.
2 % (afgerond)Vouk
6 % (afgerond)Fouk
4 % (afgerond)Volk
88 % (afgerond)Folk 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter ("Folk"), tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Dawid sal gou bevorder word, want hy is 'n mededingende werker.
Watter soort byvoeglike naamwoord is "mededingende" in bostaande sin?
18 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord
65 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord 
12 % (afgerond)indikatiewe byvoeglike naamwoord
5 % (afgerond)objektiewe byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief of byvoeglike naamwoord staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n mededingende werker”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die werker is mededingend".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties