09 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-07-2026 só ingevul:
Dit is ........ vir die onderhandelinge.
skaakmat skaak-mat skakmat skaak mat
ʼn Samestelling ("skaakmat") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("skaak" en "mat") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ is die grootste land in Suid-Amerika.
Brasilia Brasilieë Brasilie Brasilië
Wanneer 'n woord met twee vokale na mekaar nie as 'n diftong uitgespreek word nie, kry dit 'n deelteken op die tweede vokaal. Indien die woord oor 'n reël afgebreek word, is die deelteken nie nodig nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Teen ........ het Mari maar die vraelys voltooi.
kwaadskiks en goedskiks wil en dank dank en wil goedskiks en kwaadskiks
Die vaste uitdrukking "teen wil en dank" beteken 'om onwillig te wees om iets te doen'. Ons sou ook dieselfde so kon sê: "Goedskiks en kwaadskiks het Mari die vraelys voltooi" (sonder "teen").
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die hoofstad van die Wes-Kaap is ........ .
Kaapstad Stellenbosch Stellembosch Kaap Stad
Kaapstad is die hoofstad van die Wes-Kaap, asook die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)