Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-07-2026 só ingevul:



Ja, julle ........ dink mos melk kom uit 'n bottel van 'n winkelrak af!
97 % (afgerond)stadsjapies 
statjapies
statsjapies
3 % (afgerond)stadjapies

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “stadsjapie”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die ........ is, ons gaan almal eendag dood.
94 % (afgerond)realiteit 
1 % (afgerond)realiteid
4 % (afgerond)realityd
1 % (afgerond)reäliteit

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: ........ en dwase skryf hul name op deure en glase.
95 % (afgerond)Gekke 
Geks
5 %gekke
geks

Die idioom "gekke en dwase skryf hul name op deure en glase" beteken '’n mens moenie op onvanpaste plekke skryf nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die reuseslang wat in Suid-Amerikaanse riviere en mere aangetref word, staan bekend as 'n ........ .

83 % (afgerond)anakonda 
aikôna
17 % (afgerond)Anakonda
Aikôna

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "anakonda", "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties