Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 07 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-07-2026 só ingevul:



Die offisier het nie die ........ korrek aangespreek nie.
3 % (afgerond)kollonel
94 % (afgerond)kolonel 
2 % (afgerond)kolonêl
1 % (afgerond)kolenel

Hoewel vokaalverswakking plaasvind, word die "uh"-klank soms nog as "o" gespel ter wille van die Afrikaanse speltradisie.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Ons het vandag by die ........ gekuier.
41 % (afgerond)Le Rouxs 
2 % (afgerond)Les Roux
1 % (afgerond)Les Rouxs
57 % (afgerond)Le Roux's

Anders as in Frans (waarvan die van "Le Roux" afkomstig is), word daar 'n "s" in Afrikaans gebruik in die meervoudsvorm, sonder 'n afkappingsteken. Daar kom ook nie 'n "s" na "Le" nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die werknemers word in ........ betaal.
23 % (afgerond)yen
16 % (afgerond)Yen
16 % (afgerond)Jen
45 % (afgerond)jen 

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.



As jy skielik ʼn helder streep in die naglug sien, is dit moontlik ʼn ........ wat na die aarde toe val.

2 % (afgerond)meteoriede
36 % (afgerond)meteoor 
58 % (afgerond)meteoriet
4 % (afgerond)meteoroïed

’n Meteoroïed is ’n klein hemelliggaam wat vermoedelik om die son wentel en wat ’n meteoor (“vallende/verskietende ster”) genoem word wanneer dit die aarde se atmosfeer binnekom. ’n Meteoriet is ’n rotsagtige voorwerp wat bestaan uit die oorblyfsels van ’n meteoroïed wat na die aarde geval het.
(Bron: Skryf Afrikaans A to Z - Dalene Müller en Sebastian Pistor)

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties