Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 07 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-07-2026 só ingevul:



John is lief daarvoor om op mense se ........ te speel om te kry wat hy wil hê.
1 % (afgerond)gevoele
gevoels
gevoelte
99 % (afgerond)gevoelens 

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2). Die woord "gevoel" is egter ’n uitsondering en kry "-ens" in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Johan se aansoek is weens sy swak taalgebruik ........ .
9 % (afgerond)afgekeer
91 % (afgerond)afgekeur 

Die woord "afkeur" is 'n werkwoord en beteken 'om te verwerp'. Die werkwoord "afkeer" beteken 'om iets weg te draai, te verhinder, of van koers te laat verander'.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Vancouver is geleë in die Kanadese provinsie ........ .
43 % (afgerond)Brits-Colombië
30 % (afgerond)Brits-Columbië 
16 % (afgerond)Brits-Columbia
12 % (afgerond)Brits-Colombia

Sommige buitelandse plekname word verafrikaans. So word "British Columbia" in Afrikaans "Brits-Columbië". Die gebruik van die koppelteken by sodanige benamings kan in die AWS (reël 12.31) nageslaan word. Die naam van die Suid-Amerikaanse staat "Colombië" word in beide Afrikaans en Engels met 'n "o" i.p.v. 'n "u" gespel.

Sien ook die bladsy Plekname.



Ek het baie respek vir die werk wat prof. Burger vir Afrikaans doen.
'n Sinoniem vir die woord "respek" is ........ .
83 % (afgerond)ontsag 
15 % (afgerond)verwondering
minagting
2 % (afgerond)deernis

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Ander woorde wat sinonieme van "respek" is, is "eerbied" en "agting".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties