07 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-07-2026 só ingevul:
Die vernuwing van die kampus sal binnekort voltooi wees. Wat is die woordsoort van "vernuwing" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord werkwoord bywoord byvoeglike naamwoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “vernuwing - die vernuwing – vernuwings”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Dis van ........ dat Sarah nie ’n sambreel in die huis oopmaak nie.
bei geloof bygeloof by geloof beigeloof
ʼn Samestelling ("bygeloof") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("by" en "geloof") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Liesel ........ inspireer vele vroue om voluit te leef.
Krause-Wiid Krausewiid Krause-wiid
By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
My ouma het 'n ........ moderne kleredrag.
hekel vir hekel in hekel van hekel aan
"'n Hekel aan" beteken ''n teësin, afkeur of renons aan (in) iets of iemand hê'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)