06 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-07-2026 só ingevul:
Ja, swaer, dit gaan vanoggend maar so ........ .
hak-en-tak hakentak hakkentak hak en tak
Die woord "hak-en-tak" is 'n volksetimologiese vorm van die Nederlandse "hakketakken" wat 'twis' of 'kibbel' beteken. In Afrikaans kan dit ook beteken dat dinge nie voorspoedig verloop nie. Ons kan ook sê: "Hulle het gehak-en-tak" om te verwys na mense wat met mekaar gestry het.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Min Shaw het duisende Suid-Afrikaners met haar ........ stem bekoor.
satynsagte engelsagte fluweelsagte bottersagte
Ons sê iemand het 'n "fluweelsagte stem", "engelsagte skoonheid" en 'n "satynsagte rok". Goeie steak kan byvoorbeeld "bottersag" wees.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die druk in die ........ was te groot en het 'n ontploffing veroorsaak.
vloeibare suurstof-tenk vloeibare suurstof tenk vloeibare suurstoftenk vloeibaresuurstoftenk
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "vloeibare" + selfstandige naamwoord "suurstof") en ʼn selfstandige naamwoord "tenk". Indien 'n mens "vloeibare suurstoftenk" sou skryf, beteken dit dat die tenk vloeibaar is.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Oomblikke nadat hy in die ........ geklim het, slaan hy sy opponent met 'n uitklophou.
kryt ring kring
Die platform waarin boksers meeding, is 'n "kryt"; in Engels is dit wel 'n "ring".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)