Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 06 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-07-2026 só ingevul:



Die vrugte wat ons uitvoer, is van ʼn hoë ........ .

97 % (afgerond)gehalte 
2 % (afgerond)gehalt
1 % (afgerond)gehaalte

Kort klanke word nie verdubbel nie om aan te dui dat hulle kort uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die bankrowers het almal ........ gedra.
100 %maskers 
maskerens
maskare
maskerse

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 14.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die meerderheid inwoners van ........ praat Afrikaans.
1 % (afgerond)Water Kloof
waterkloof
1 % (afgerond)Water-kloof
98 % (afgerond)Waterkloof 

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die woord "ry" in die volgende sinne is 'n ........ .
Plant die blomme netjies in 'n ry.
Ek ry eerder trein as om vliegtuig te vlieg.
11 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antoniem
87 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “ry” (‘volgorde’ of ‘reeks’) en “ry” (‘in 'n voertuig of dier voortbeweeg’). (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties