Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 03 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-07-2026 só ingevul:



Hulle het die voeding hoofsaaklik ........ aan die pasiënt gegee.
79 % (afgerond)binneaars 
20 % (afgerond)binne-aars
binne aars

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel (die "-s") wat 'n woordgroep ("binne aar") saambind tot 'n woord. Die woord word dan vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Hoeveel vrugte is daar in die mandjie op die tafel?
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vrugte" in bostaande sin?
28 % (afgerond)versamelnaam
4 % (afgerond)eienaam
3 % (afgerond)abstrakte naamwoord
65 % (afgerond)soortnaam 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vrugte", "tafel", "motors" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Uitdrukking: Honger is 'n skerp ........ .
2 % (afgerond)skêr
30 % (afgerond)dolk
22 % (afgerond)mes
46 % (afgerond)swaard 

Die uitdrukking "honger is 'n skerp swaard" beteken 'honger is 'n doeltreffende dwangmiddel'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Tilburg is in die provinsie ........ geleë.
3 % (afgerond)Noordbraband
1 % (afgerond)noord-Brabant
13 % (afgerond)Noord-Braband
82 % (afgerond)Noord-Brabant 

Geografiese name, byvoorbeeld van provinsies en streke, begin met 'n hoofletter. Waar 'n rigting deel van 'n naam is, word die rigtingdeel met ‘n koppelteken aan die res van die naam geskryf, byvoorbeeld “Wes-Kaap”, “Somerset-Wes”, “Aliwal-Noord”. (AWS 9.14)
Lees meer oor Tilburg by: https://af.wikipedia.org/wiki/Tilburg
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties