Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 03 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-07-2026 só ingevul:



Jou kontrak ........ op 31 Desember.
verstuik
94 % (afgerond)verstryk 
6 % (afgerond)verstreik
ferstryk

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Idioom: ........ dra sorge.
12 % (afgerond)Sente
66 % (afgerond)Borge 
23 % (afgerond)Morge

Die idioom "borge dra sorge", beteken 'deur vir iemand borg te staan kan 'n mens in finansiële moeilikheid beland'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Op die kerkbasaar het die ........ die meeste geld ingesamel.
81 % (afgerond)witolifanttafel 
7 % (afgerond)wit olifant-tafel
6 % (afgerond)wit-olifant-tafel
5 % (afgerond)wit olifant tafel

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "wit" + selfstandige naamwoord "olifant") en ʼn selfstandige naamwoord "tafel".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Nadat ons al die data versamel het, kan ons begin om dit te ontleed en gevolgtrekkings te maak.
'n Sinoniem vir die woord "data" is ........ .
geskrifte
7 % (afgerond)dokumente
rekenaars
93 % (afgerond)gegewens 

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Sinonieme vir die woord "data" sluit in "gegewens", "feite, "besonderhede".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties