Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 02 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-07-2026 só ingevul:



Die aand toe ek en my vriende in die begraafplaas gaan piekniek hou het, is maklik die ........ ding wat ek in my lewe gedoen het.
74 % (afgerond)makaberste of mees makabere 
5 % (afgerond)mees makabere of mees makaberste
19 % (afgerond)slegs makaberste
3 % (afgerond)slegs mees makaberste

"Makaber", "energiek" en "esteties" is soortgelyk wat betref hul oortreffende trap. Al drie kan vervoeg word deur 'n "-ste"-agtervoegsel, óf met "mees" en 'n "-e"-agtervoegsel.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Dit is met ........ dat die nuwe titelhouer aangekondig word.
genoee
20 % (afgerond)genoë
79 % (afgerond)genoeë 
genoeg

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die nuwe webtuiste is baie ........ .
2 % (afgerond)gebruikers vriendelik
1 % (afgerond)gebruiker-vriendelik
gebruiker vriendelik
97 % (afgerond)gebruikersvriendelik 

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele ("gebruiker" + "vriendelik") bestaan. Daar kan ook dikwels 'n verbindingsklank ("-s-") tussen die dele voorkom. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die plek waar lyke veras word, is 'n ........ .

verassery
lykshuis
99 % (afgerond)krematorium 
verbrandingsoond

Lyke word in 'n "krematorium" veras; afvalstowwe word in 'n "verbrandingsoond" verbrand; lyke word tydelik in 'n lykshuis gehou voor die teraardebestelling of verassing.

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties