30 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-06-2026 só ingevul:
Jan-Willem ........ die sang met behulp van die kitaar.
bigily begelei begely bigelei
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe. Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sirië en Turkye is onlangs deur verwoestende ........ getref.
slegs aardbewinge slegs aardbewings aardbewinge of aardbewings aardbewings of aarbewingen
Die meervoud van "aardbewing" is "aardbewings" of "aardbewinge". Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ is na 'n brand weer vir verkeer oopgestel.
Sir Lowryspas Sir Lowry se pas Sir Lowry's pas Sir Lowry's Pas
Die bekende bergpas tussen Somerset-Wes en Grabouw in die Wes-Kaap is vernoem na die eertydse goewerneur Sir Lowry Cole. Anders as in Engels word Sir Lowryspas nie met 'n afkappingsteken in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die premier het sy ........ uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens.
weemoed hartseer rou lof
'n Mens spreek jou "hartseer", "simpatie" of "medelye" uit by iemand se dood; iemand "rou" oor die dood van 'n geliefde; die woord "lof" is 'n sinoniem vir "prys"; "weemoed" is 'n 'treurige gevoel', byvoorbeeld om met 'weemoed' afskeid te neem.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)