Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 30 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-06-2026 só ingevul:



In die ou dae is skepe met pik waterdig gemaak.
Wat is die woordsoort van "pik" in bostaande sin?
2 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
94 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “pik - die pik”. Die woord "pik" in hierdie betekenis het nie 'n meervoudsvorm nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Een van die voordele van ʼn ........ is dat ʼn mens nie altyd groot bedrae geld by jou hoef te hê nie.

99 % (afgerond)kredietkaart 
1 % (afgerond)krediet kaart
krediet-kaart

ʼn Samestelling (“kredietkaart”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“krediet” en “kaart”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ashley het ’n pophuis vir ........ gekry.
12 % (afgerond)kersfees
7 % (afgerond)Kerstfees
1 % (afgerond)kerstfees
81 % (afgerond)Kersfees 

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae ("Kersfees") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Ek gaan koop so dan en ........ vir my 'n roomys op die promenade.
man
1 % (afgerond)san
3 % (afgerond)kan
96 % (afgerond)wan 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “dan en wan”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties