Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 29 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-06-2026 só ingevul:



Judas is as 'n verraaier gebrandmerk.
Die boer het sy beeste gebrandmerk met 'n eiendomsmerk.
Die woord "gebrandmerk" in bostaande sinne is 'n ........ .
58 % (afgerond)homoniem
1 % (afgerond)antoniem
38 % (afgerond)poliseem 
4 % (afgerond)sinoniem

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld:
Hy is "gebrandmerk" as 'n verraaier.
Die beeste is "gebrandmerk" met 'n eiendomsmerk.

Sien ook die bladsy Poliseme.



Voltooi die idioom: "Ook ........ slaap soms."
32 % (afgerond)Morfeus
27 % (afgerond)die Duiwel
25 % (afgerond)Homeros 
16 % (afgerond)Satan

Ons gebruik hierdie idioom om te verwys na 'n baie nougesette persoon wat 'n fout begaan het. Homeros is die skrywer van onder andere die Ilias.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Duitsland se sterk ekonomie kan toegeskryf word aan ........ en goeie beleid.
10 % (afgerond)Eerste-wêreld- ekonomiese -infrastruktuur
62 % (afgerond)Eerste Wêreld- ekonomiese infrastruktuur 
19 % (afgerond)Eerste-wêreld-ekonomiese-infrastruktuur
9 % (afgerond)Eerste wêreld ekonomiese infrastruktuur

By afstandsamestellings is ʼn koppelteken volgens die nuwe AWS verpligtend. In samestellings met eiename word die integriteit van die eienaam, in die geval "Eerste Wêreld", behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ons gaan die stigting van ons dorp ʼn eeu gelede met ʼn groot fees vier.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "fees" in bostaande sin?
8 % (afgerond)eiename
2 % (afgerond)pretname
89 % (afgerond)soortname 
2 % (afgerond)feesname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "fees", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties