29 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-06-2026 só ingevul:
Die geroggel van die asmalyer langs my in die hospitaal het my heelnag wakker gehou. Wat is die woordsoort van die woord "geroggel" in bostaande sin.
voegwoord bywoord selfstandige naamwoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, "geroggel - die geroggel - geroggels".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Mamma gaan vir ons ........ maak vir voorgereg.
slappappoffertjies slap pap-poffertjies slap pappoffertjies slappap poffertjies
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die ........ bedelaar het hier kom geld bedel.
verslonste verslonsde ferslonsde verslonste of verslonsde
ʼn Deelwoord is ʼn woord wat deels ʼn werkwoord en deels ʼn ander woordsoort (selfstandige of byvoeglike naamwoord) kan wees. As die werkwoord op “f”, “g” of “s” eindig, kry dit “ge-+-te” of “ge-+-de” in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die ekonomie het vanjaar swak gevaar met ........ tot werkskepping.
verband terme betrekking gelde
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “met betrekking tot”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)