12 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-06-2026 só ingevul:
Dit is 'n mooi hond. 'n Antoniem vir "mooi" is:
lelike beeldskone aansienlike
As iets nie mooi is nie, is dit lelik, afskuwelik, afgryslik, onaansienlik, aaklig, mismaak of weersinwekkend.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Jaco is een van die ........ leerders in die skool.
knap knapste mees knapste
In die oortreffende trap word die woord "mees" nooit saam met "-ste" gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die seuns kan tog so maklik die meisies se ........ uittrek.
harte vrede siele gemoed
Om iemand se siel te versondig is om daardie persoon te irriteer of te verpes. Die Engels vir "iemand se siel versondig", is 'annoy someone intensely'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die strepe in die pad het al verdof. Wat is die woordsoort van die woord "strepe" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord bywoord byvoeglike naamwoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "streep - die streep - strepe".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)