11 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-06-2026 só ingevul:
Wat noem ons iemand wat van Kroasië kom?
Kroasieër Kroasiër Kroasiëer Kroaat
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Vanjaar se Amerikaanse presidentsverkiesing was ........ as die vorige een.
meer opwindender meer opwindend opwindender
Die meeste woorde in Afrikaans neem "-er" in die vergrotende trap en word nooit saam met "meer" gebruik nie. (Bron: HAT6)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Hy is oorspronklik van ........ , maar bly nou in Antwerpen.
Brussels Brussel
Brussel is die hoofstad van België. In Engels word dit "Brussels" geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die maatskappy het na baie jare ontbind. Wat is die woordsoort van "ontbind" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord voegwoord bywoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "ontbind", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)