Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 10 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-06-2026 só ingevul:



Die De Beers gaan in Augustus hulle dogter in ........ besoek.
1 % (afgerond)Grootbrittanje
57 % (afgerond)Groot Brittanje
43 % (afgerond)Groot-Brittanje 

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onverboë byvoeglike naamwoord is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die eienaamelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Rooi-China","Klein-Asië" en "Wit-Rusland". (Bron: AWS 12.30)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ná die pouse kom twee ........ vir blokfluit en hobo aan die beurt.
2 % (afgerond)duö's
1 % (afgerond)duös
77 % (afgerond)duo's 
21 % (afgerond)duos

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “duo”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ek het al opgegee om vir Susan te probeer help; aan haar is geen ........ te smeer nie.
51 % (afgerond)salf of olie
1 % (afgerond)vet of olie
43 % (afgerond)salf of vet 
4 % (afgerond)botter of vet

Die idioom "aan iemand is geen salf/vet te smeer nie", beteken 'dit is hopeloos om die persoon te help'.
Die Engels vir "aan iemand is geen salf/vet te smeer nie" is 'one is past redemption'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Zanele het 'n kudde ........ op haar plaas.

48 % (afgerond)Drakensbergers of drakensbergers 
26 % (afgerond)slegs drakensbergers
26 % (afgerond)slegs Drakensbergers

Die benamings van diererasse kan met hoof- of kleinletters geskryf word, byvoorbeeld "drakensberger" of "Drakensberger"; "merino" of "Merino" (AWS 9.7d)
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties