Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 10 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-06-2026 só ingevul:



Jou ........ lewenstyl gaan jou nog duur te staan kom.
2 % (afgerond)godslose
97 % (afgerond)goddelose 
godsloos
2 % (afgerond)godlose

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("goddeloos"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Michael staan elke oggend baie ........ op om skool toe te gaan.
1 % (afgerond)froeg
frog
98 % (afgerond)vroeg 
1 % (afgerond)vrog

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Daardie ........ is die lekkerste wat ek nog geëet het.
1 % (afgerond)hoener pasty
5 % (afgerond)hoenerpastei
93 % (afgerond)hoenderpastei 
1 % (afgerond)hoender pastei

ʼn Samestelling ("hoenderpastei") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hoender" en "pastei") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "are" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Vir die hartomleiding moes hulle are uit sy been haal.
Die are van die koring dra die korrels.
sinoniem
93 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem
6 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "are" (‘bloedvate’) en "are" (‘deel van die plant waarop die saad verskyn’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties