09 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-06-2026 só ingevul:
Die redakteur spring ........ aan die werk as daar 'n groot storie is.
ommiddellik onmiddelik onmiddellik ommiddelik
Al klink die "n" in "onmiddellik" soms soos 'n "m", word dit met 'n "n" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
By tradisionele troues, wat noem ons die manlike metgeselle van blommemeisies?
blommeseuntjies jonggeselle hofknapies strooijonkers
Soos "bruid" naas "bruidegom" staan, so staan "strooimeisie" ("bridesmaid") naas "strooijonker" ("best-man"), en "blommemeisie" ("flower girl") naas hofknapie ("ring bearer").
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
'n Pragenaar is gewoonlik ook 'n ........ .
Czech Sjeg Tsjeg
Die Afrikaanse benaming vir 'n inwonder van die Tsjeggiese Republiek is 'n "Tsjeg" (Engels 'Czech'). 'n "Sjeg", daarenteen, is 'n Islamitiese geestelike.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Adèle is ........ om poskantoor toe te gaan; sy verwag haar nuwe Kindle in die pos.
angstig gretig gretiglik angstiglik
Die Engelse "anxious" kan in Afrikaans in verskillende kontekste vertaal word met óf "gretig" (wat 'vol begeerte' of 'hartstogtelik' beteken), óf "angstig" (wat 'met vrees/angs gevul' beteken). Adelé was in hierdie konteks hopelik nie met angs gevul om poskantoor toe te gaan nie! Let op dat "angstiglik" en "gretiglik" nie as erkende woorde in formele Standaardafrikaans beskou word nie, net soos "huidiglik" en "wettiglik".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)