Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-06-2026 só ingevul:



Daar word daarom sterk aanbeveel dat u die nodige stappe teen die vandalistiese student sal ........ .

85 % (afgerond)neem
aanneem
1 % (afgerond)gee
14 % (afgerond)doen 

Die Afrikaanse weergawe van die Engelse "take steps" is "stappe doen". Om stappe te "neem" is anglisisties.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Die universiteit het onlangs 'n ........ aan professor Cronjé toegeken.
88 % (afgerond)eredoktorsgraad 
8 % (afgerond)ere doktorsgraad
4 % (afgerond)eredoktersgraad
ere doktersgraad

ʼn Samestelling (“eredoktorsgraad”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“ere”, “doktor” en “graad”) bestaan. Die "s" is 'n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hierdie is 'n maklike ........ ; dit het net twee bestanddele.
5 % (afgerond)reseptjie
2 % (afgerond)resepetjie
resepkie
93 % (afgerond)reseppie 

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Daniël het nie die vaagste ........ gehad waarvan hulle gepraat het nie.
98 % (afgerond)benul 
1 % (afgerond)begrip
1 % (afgerond)besef

Om nie die "vaagste benul" van iets te hê nie, beteken 'om heeltemal onkundig omtrent 'n onderwerp te wees'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties