Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 08 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-06-2026 só ingevul:



Hulle het ʼn goeie ........ om te wen.

99 % (afgerond)kans 
1 % (afgerond)kaans
kaens

Die "n" in die woord "kans" word in Afrikaans genasaleer, daarom klink dit of die "a"-klank gerek word. Dit word egter steeds met net een "a" gespel. Ander voorbeelde van nasalering is in woorde soos "gans" (die voël) en "dans".
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Dit is ʼn ........ plan; alles gaan goed uitwerk.
4 % (afgerond)ongekook
32 % (afgerond)ongekookte
5 % (afgerond)onbekook
60 % (afgerond)onbekookte 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan (onbekook"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Die "t" in "onbekookte" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Daar was gereeld ........ op my oupa se plaas toe ons daar gekuier het.
84 % (afgerond)jakkalse 
3 % (afgerond)Jakkalse
12 % (afgerond)jakhalse
1 % (afgerond)Jakhalse

Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters. Hoewel die woord jakkals in Nederlands "jakhals" met 'n h gespel word, kry dit in Afrikaans twee k's. Ons sien nog die ou Nederlandse spelling soms in plekname soos Jakhalsdraai.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Daar was ........ op die plein nadat ’n klapper onverwags afgegaan het.
2 % (afgerond)chaös
1 % (afgerond)gaös
6 % (afgerond)gaos
90 % (afgerond)chaos 

Woorde van Griekse herkoms wat met ’n [x]-klank begin, word tradisioneel met "ch" gespel. Sommige woorde is egter wisselvorme en kan ook met ’n "k" gespel word, byvoorbeeld "chronies - kronies" (AWS 18.6).
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties