Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 05 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-06-2026 só ingevul:



Hoeveel mense werk hier op hierdie plaas?
'n Sinoniem vir die woord "werk" is ........ .
1 % (afgerond)woon
6 % (afgerond)boer
pluk
93 % (afgerond)arbei 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "werk - arbei".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



My vrou het ’n ........ gegee om my aandag te trek.
6 % (afgerond)kuggetjie
93 % (afgerond)kuggie 
1 % (afgerond)kugtjie

Woorde wat eindig op "f", "g", "k", "p", of "s" wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte "a", "e", "o" of "u", kry ʼn "-ie" in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 15.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Franse parfuum is deesdae ........ .
98 % (afgerond)peperduur 
soutduur
muntduur
1 % (afgerond)goudduur

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



'n Mens moet voortdurend voorraad aanvul.
Wat is die woordsoort van "aanvul" in bostaande sin?
3 % (afgerond)adjektief
1 % (afgerond)voegwoord
95 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. In die geval van skeibare werkwoorde word dit met "-ge-" aangedui, byvoorbeeld "aandui - aangedui".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties