04 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-06-2026 só ingevul:
Sy oë rol in hul ........ soos hy skrik.
kassens kasse kastens kaste
Die meervoud van die woord "kas" in die betekenis van 'holte', byvoorbeeld "oogkas", en 'betaaltoonbank' is "kasse"; die meervoud in die betekenis van 'klerekas' is egter "kaste". (Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Ek is baie opgewonde! Pappa gaan vir my 'n splinternuwe ........ koop!
winbuks windbuks wimbuks
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as 't ware deur 'n ander klank opgeneem.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Die ........ babadogtertjie is blakend gesond ná 'n suksesvolle operasie.
ses-week oue ses-weke-oue sesweek oue ses weke oue
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("weke") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("oue") word los geskryf byvoorbeeld "16 maande lange", "ses weke lange" en "drie uur lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wil jy ʼn skyfie van my ........ hê?
miloen lemoen limoen meloen
Die woord "lemoen" is in Engels "orange" en in Nederlands "sinaasappel". Die woord "suurlemoen" is in Engels "lemon" en in Nederlands "citroen". Die Nederlandse woord "meloen" is wat in Afrikaans as "spanspek" bekend staan, vergelyk die Engelse "melon".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)