Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 04 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-06-2026 só ingevul:



Die galjoen is in ........ swartbruin tot donkergrys van kleur.
80 % (afgerond)rotsareas 
15 % (afgerond)rots areas
5 % (afgerond)rots-areas

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word.
(Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Galjoen)
Sien ook die bladsy Samestellings.



Dit was Wolfie ........ ons bruin wolfhond, wat deur die slang gepik is.
2 % (afgerond):
5 % (afgerond)Geen leesteken nie
3 % (afgerond);
90 % (afgerond), 

Die komma tree op as 'n ruspunt by 'n bysin of toevoeging wat uitbrei op wat reeds genoem is.
Sien ook die bladsy Komma.



Ek moet hier by die werk ........ terwyl hulle lekker vakansie hou.
98 % (afgerond)swoeg en sweet 
sukkel en sweet
swaarkry en sweet
1 % (afgerond)swoeg en sukkel

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "swoeg en sweet"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



ʼn ........ kan baie lastig en pynlik wees.
39 % (afgerond)Nege-oog
50 % (afgerond)Negeoog 
2 % (afgerond)negeöog
9 % (afgerond)negeoog

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord. Wanneer vokale langs mekaar staan wat tot verskillende lettergrepe behoort nie leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie, is ’n koppelteken nie nodig nie, byvoorbeeld "negeoog", "naywer", "sakeagenda", "vakansieoord").
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties