Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 02 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-06-2026 só ingevul:



Argeoloë het verskeie interessante ........ tydens hul opgrawings ontdek.
1 % (afgerond)werktuigens
97 % (afgerond)werktuie 
werktuiens
1 % (afgerond)werktuigs

By naamwoorde wat oop “-eg”, “-ieg”, “og”, “oeg”, “oog”en “uig” eindig, val die “g” weg en kry ’n “ë”, byvoorbeeld “weg – weë”, “vlieg – vlieë”, “oorlog – oorloë”, "werktuig - werktuie"
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die glukemiese indeks is ʼn rangorde van verskillende koolhidraatryke kossoorte, ........ op die effek wat dit op bloedglukosevlakke het.

26 % (afgerond)gebasseer
1 % (afgerond)basseer
3 % (afgerond)baseer
71 % (afgerond)gebaseer 

Aangesien die hoofklem van die woord "baseer" nie op die eerste lettergreep val nie, word die "s" nie verdubbel nie (AWS 11.23f)
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Sipho se plaas lê in die ........ van die dorp.

84 % (afgerond)weste 
Wes
15 % (afgerond)Weste
1 % (afgerond)wes

Gewone rigtings word met kleinletters geskryf. Wanneer die woord egter 'n politieke betekenis kry, byvoorbeeld die "Weste" teenoor die "Midde-Ooste", word dit met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die woord "tuit" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die teepot se tuit is verstop.
Sjoe, my ore tuit darem nou!
14 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antifoon
84 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “tuit” (‘skinkpyp van 'n houer’) en “tuit” (‘suis’, veral van ore).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties