Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-06-2026 só ingevul:



Sulizna het 'n pakkie by die bure gaan afgee.
Wat is die woordsoort van "afgee" in bostaande sin?
bywoord
98 % (afgerond)werkwoord 
adjektief
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. In die geval van skeibare werkwoorde word verlede tyd met "-ge-" aangedui, byvoorbeeld "afgee - afgegee".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Jy moet ’n afspraak by die ........ maak dat hy jou oë kan toets.
oog arts
1 % (afgerond)oogards
6 % (afgerond)oogaarts
92 % (afgerond)oogarts 

ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oog" en "arts") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Willie het sedert 2003 in die ........ gewoon.
1 % (afgerond)slegs Strant
3 % (afgerond)Strand of strand
91 % (afgerond)slegs Strand 
5 % (afgerond)slegs strand

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die huidige ........ van sake laat veel te wense oor.
4 % (afgerond)toedrae
96 % (afgerond)toedrag 
toe drag

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "toedrag van sake"; "met hart en siel"; "teen wil en dank"; en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties