01 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-06-2026 só ingevul:
Sy optrede lyk vir my ........ ; ek dink jy moet gaan ondersoek instel.
verdag agterdogtig bedag agterdog
'n Mens kan "agterdogtig" wees as jy iemand wantrou; die optrede van iemand is "verdag". (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Geen ........ sonder baat.
kwaad raad gewaad swaard
Die idioom "geen kwaad sonder baat", beteken 'uit 'n slegte toestand kom dikwels groot verbetering'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
In die ........ het Oos-Duitsland geweldige ekonomiese groei beleef.
post Koue Oorlog jare post-koue-oorlog-jare post-Koue Oorlog-jare post-koue oorlog-jare
In samestellings waarin 'n eienaam voorkom, word die integriteit van die eienaam behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Julle sal gou aan die nuwe onderwyser gewoond raak. Wat is die woordsoort van die woord "gou" in bostaande sin?
bywoord van wyse bywoord van graad bywoord van modaliteit bywoord van tyd
Bywoorde modifiseer die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "gou", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)