01 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-06-2026 só ingevul:
Die pakkie het gehawend by my aangekom. Wat is die woordsoort van "gehawend" in bostaande sin?
bywoord byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord werkwoord
’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is 'n “gehawende” pakkie. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “gehawend”, “gehawender”, “die gehawendste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
"Wag net eers so 'n bietjie, ek sal jou ........ kom help!"
nou-nou nounou nou nou
In reduplikasies moet 'n mens 'n koppelteken gebruik. Byvoorbeeld: "nou-nou", "twee-twee", "een-een" ensovoorts.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die sywurm spin 'n ........ voordat hy in 'n papie verander.
kokontjie kokonnekie kokonnetjie kokonkie
Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Idioom: Dit sit nie in enige iemand se ........ nie.
broek rok skoen sokkie
Die idioom "dit sit nie in enige iemand se broek nie" beteken 'nie almal is vir die taak opgewasse nie'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)