Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 01 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-06-2026 só ingevul:



Die graadelfs reël ʼn lekker ........ vir die matrieks.

3 % (afgerond)makittie
5 % (afgerond)makitti
13 % (afgerond)makitie
80 % (afgerond)makietie 

In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf, byvoorbeeld "makietie", "kierie", "mielie" (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die ........ man het stewige bene en dik voorarms.
97 % (afgerond)bonkige 
3 % (afgerond)bonkigge
bonkig
bonkug

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("bonkig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



........ ry in soggens met my fiets skool toe.
100 %Ek 
ek

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Greg verf die boom van die laai swart.
Ons het onder 'n boom gaan piekniek hou.
Die woord "boom" in bostaande sinne is 'n ........ .
2 % (afgerond)antoniem
3 % (afgerond)sinoniem
8 % (afgerond)homofoon
87 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “boom” (‘bodem’) en “boom” (‘'n groot plant met takke’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties