29 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-05-2026 só ingevul:
Die skool het 'n fonds gestig om geld vir die nuwe atletiekbaan in te samel. Die vonds van olie het ’n hele paar lande baie ryk gemaak. Die woorde "fonds" in "vonds" in bostaande sinne is ........ van mekaar.
homofone antifone homonieme sinonieme
Die woorde "fonds" en "vonds" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "vonds" verwys na 'iets wat gevind is'.
Sien ook die bladsy Homofone.
Ons is gereed om ........ die vliegtuig te gaan.
aanboord aan boord van aan boord aanboord in
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “aan boord van”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Die uitdrukking aan boord word vir bote, vliegtuie, treine, ens. gebruik. In Afrikaans sê ons "aan boord van" die skip/trein/vliegtuig, terwyl Engels nie ’n voorsetsel gebruik nie.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Vir die mens om te bly ........ , sal ons ander maniere van energie-opwekking moet vind.
voorttebestaan voortbestaan voort bestaan voort te bestaan
Skeibare werkwoorde word vas geskryf wanneer hulle deur 'n skakelwerkwoord voorafgegaan word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die Aarde maak een keer per jaar 'n rotasie om die Son. 'n Sinoniem vir "rotasie" in bostaande sin is ........ .
verduistering omwenteling draaiing verskuiwing
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "rotasie - omwenteling", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)