Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 28 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-05-2026 só ingevul:



Ons het ʼn lekker bui reën gehad.
Dit lyk my meneer Clarkson is vanmôre in 'n slegte bui.
Die woord "bui" in bostaande sinne is 'n ........ .
4 % (afgerond)poliseem
14 % (afgerond)homofoon
81 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antifoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “bui” (‘reën’) en “bui” (‘gemoedstoestand’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Pieter sluit die afskortings van sy rugsak met stewige ........ .
1 % (afgerond)ritsens
9 % (afgerond)ritsse
90 % (afgerond)ritse 
1 % (afgerond)ritste

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



'n Peettante is ........
2 % (afgerond)jou pa se suster.
die vrou van oom Peet.
98 % (afgerond)die vrou wat die ouers van die kind by die doop beloof om hulle te help om na die kind te kyk. 
die tannie wat kyk dat kinders nie peuter nie.

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “peettante”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Die woord "peettante" of "peetma" is die vrou wat die ouers beloof om te help om na die kinders om te sien. Dit kom van die Latynse woord "patrinus" wat 'van die vader' beteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die arme mense het sopnat gereën.
Wat is die woordsoort van die woord "arme" in bostaande sin?
5 % (afgerond)beslissende adjektief
5 % (afgerond)interaktiewe adjektief
24 % (afgerond)predikatiewe adjektief
66 % (afgerond)attributiewe adjektief 

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld "die arme mense". 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die mense is arm".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties