Soms slaan die ........ seerder as die ware jakob.
blindesambok blinde-sambok blinde sambok blinde-sambok of blindesambok
"Blinde sambok" is nie 'n samestelling nie, en word daarom nie vas geskryf nie. Vergelyk ook "blinde hoogte", "blinde puisie" en "blinde liefde". Let daarop dat "jakob" in die geval volgens die AWS met 'n kleinletter gespel word. Kyk reël 9.23b.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Malé is die hoofstad van die ........ .
Maldives Maledive Maledives Maldive
Hierdie eilandstaat staan in Afrikaans bekend as die "Maledive" (of "Republiek die Maledive"); in Engels is dit "Maldives" en in Nederlands "Maldiven" of "Malediven".
Sien ook die bladsy Plekname.
Ag wat, hierdie verslag sal ook maar weer ........ die doofpot gestop word.
onderaan in agter onder
Die idioom "iets in die doofpot stop" beteken 'daar sal nie weer aandag aan gegee word nie'. ʼn Doofpot is ʼn outydse houer waarin kole uitgedoof is. (Bron: WAT)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)