Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-04-2026 só ingevul:



Wat is die meervoud van "trousseau"?
5 % (afgerond)trousseau'e
49 % (afgerond)trousseaus 
3 % (afgerond)trousseaue
44 % (afgerond)trousseau's

"Trousseau" is 'n ander woord vir "bruidsuitset", die klere en persoonlike eiendom van 'n bruid. As 'n "u" deel is van 'n diftong, word die meervoud nie met 'n afkappingsteken geskryf nie: "leeus", "spreeus", "milieus", "niveaus", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Groen druiwe het 'n ........ smaak.
81 % (afgerond)vrank 
1 % (afgerond)vranck
franck
18 % (afgerond)frank

"Vrank" beteken suur en onaangenaam, terwyl "frank" onder andere 'n ou munteenheid in Frankryk was.
Sien ook die bladsy Homofone.



Drie ........ het op die strand uitgespoel.
11 % (afgerond)slegs langbek-gewone-dolfyne
47 % (afgerond)langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne
1 % (afgerond)slegs lang bek gewone dolfyne
40 % (afgerond)slegs langbek- gewone dolfyne 

Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Nadat ons al die data versamel het, kan ons begin om dit te ontleed en gevolgtrekkings te maak.
'n Sinoniem vir die woord "data" is ........ .
rekenaars
geskrifte
4 % (afgerond)dokumente
95 % (afgerond)gegewens 

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Sinonieme vir die woord "data" sluit in "gegewens", "feite, "besonderhede".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties