Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-04-2026 só ingevul:



Almal gis oor wie die skuldige is.
Ek het gis nodig om brood te bak.
Die woord "gis" in bostaande sinne is 'n ........ .

86 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antifoon
3 % (afgerond)poliseem
10 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “gis” (‘wonder’) en “gis” (‘organisme wat brood laat rys’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Christina het 'n ........ hondjie vir haar verjaardag gekry.
oulikde
oulikte
4 % (afgerond)oulik
95 % (afgerond)oulike 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Daar is pragtige perde op die plaas ........ .
4 % (afgerond)Nooit-Gedacht
93 % (afgerond)Nooitgedacht 
2 % (afgerond)Nooit Gedacht
nooitgedacht

Geografiese name, byvoorbeeld plaas- en plekname, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



My skoene was die ene modder.
Wat is die woordsoort van "was" in bostaande sin?
37 % (afgerond)hulpwerkwoord
37 % (afgerond)koppelwerkwoord 
11 % (afgerond)omskrywingswerkwoord
14 % (afgerond)skakelwerkwoord

Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree. Byvoorbeeld, as koppelwerkwoord: My skoene “was” die ene modder. As omskrywingswerkwoord: Die digter “is” tydens die lofrede verheerlik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties