Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-04-2026 só ingevul:



Die meisie het 'n ........ gedra die dag toe sy haar toekomstige man ontmoet het.
80 % (afgerond)oranje broek 
oranje-broek
20 % (afgerond)oranjebroek

Byvoeglike naamwoorde wat in die algemeen kleur aandui ("oranje"), word los van die volgende selfstandige naamwoord ("broek") geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ skeur tussen die rotse is gevaarlik.
89 % (afgerond)eng 
4 % (afgerond)eing
6 % (afgerond)êng

Wanneer ʼn geslote lettergreep deur meer as een medeklinker ("ng") afgesluit word, kry die "e" nie ʼn kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.



My kollega is 'n regte ........ in die nek; hy maak my gek!
91 % (afgerond)pyn 
2 % (afgerond)spasma
7 % (afgerond)krieweling

Die uitdrukking "pyn in die nek" beteken 'erge irritasie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



My gunstelinglekkergoed is ........ .
75 % (afgerond)Belgiese sjokolade 
3 % (afgerond)Belgiese Sjokolade
4 % (afgerond)belgiesesjokolade
18 % (afgerond)Belgiesesjokolade

Wanneer 'n byvoeglike naamwoord wat van 'n taalbenaming of 'n geografiese naam afgelei is ("Belgiese") saam met 'n soortnaam ("sjokolade") 'n woordgroep vorm, begin die tweede deel van die woordgroep met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties