02 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-04-2026 só ingevul:
Die ........ se kinders het vir die vakansie kom kuier.
Straus'se Strauss'e Strausses Strausse
Naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm en geen afkappingsteken nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Sy is 'n ........ van 'n laevetdieet.
voorstaander voorstander
Die woorddeel "-stander" verwys gewoonlik na 'n persoon (omstander, teenstander, buitestander), terwyl "-staander" na lewelose objekte verwys (boekstaander, sambreelstaander, lampstaander).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.
instaat stel in staat stel instaatstel in staatstel
Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Belarus het met die regering van Rusland en die Wagner-groep ooreengekom om hul ........ te staak.
vyandighede fyhandighede vyhandelikhede vyandelikhede
Die woord "vyandelik" het te doen met die "vyand"; die woord "vyandig" dui op 'n gesindheid. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)