02 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-04-2026 só ingevul:
Die ........ van "Kennis van die Aand" deur André P. Brink is destyds deur die Sensuurraad verbied.
publikaasie publiekasie publiekkasie publikasie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “publikasie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "publikasie" kom van die Latynse "publicare" wat 'openbaar maak' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Leo het ʼn ........ belangstelling in insekte.
besonder besondere besonderre besonders
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “besondere”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
'n ........ is 'n rekenkundige toestel, dikwels saamgestel as 'n houtraam met krale wat op drade gly.
abakus Abbakus Abakus abbakus
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Chad le Clos blink uit in swem. Wat is die woordsoort van "swem" in bostaande sin?
werkwoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord bywoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “swem - die swem”. In hierdie geval het "swem" nie 'n meervoudsvorm nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)