02 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-04-2026 só ingevul:
Die verdrukte mense het in ........ teen die regering gekom.
op stand opgestand opstand op-stand
ʼn Samestelling ("opstand") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("op" en "stand") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons wou teen ........ vertrek, maar ons medereisiger was laat.
daeraat daëraat daeraad daëraad
Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Tant Souf is bekend vir haar ........ sjokoladekoek by die kerkbasaar.
hiperligte superligte veerligte helderligte
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Kan ........ asseblief vir my R50 leen?
slegs ma slegs MA Ma of ma slegs Ma
Tradisioneel is aanspreekvorme met hoofletters geskryf indien dit in die plek van 'n persoon se naam staan, soos in ons voorbeeldsin. Volgens die nuwe AWS kan 'n mens egter hoofletters of kleinletters gebruik. Kyk AWS 9.5.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)