01 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-04-2026 só ingevul:
Die volgende jeugorkeste gaan aan die kompetisie deelneem: ........ , Penkoppe, Klitsgrassies en die Haak-en-steekorkes.
stokkiesdraaiboere-orkes Stokkiesdraaiboereorkes Stokkiesdraaiboere-orkes stokkiesdraaiboereorkes
Wanneer 'n sinsdeel na 'n dubbelpunt deel van die hoofsin is, begin dit met 'n kleinletter, tensy die beginwoord na die dubbelpunt 'n persoons- of eienaam is. Persoons- en eiename begin altyd met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Die maatskappy het verlede jaar 'n totale wins van ........ rand getoon.
vier miljoen ses duisend of vier-miljoen-ses-duisend vier-miljoen-ses-duisend of vier-miljoen ses-duisend vier miljoen ses duisend of vier-miljoen ses-duisend of viermiljoensesduisend vier miljoen ses duisend of viermiljoen sesduisend of viermiljoensesduisend
'n Telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" kan los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Mel Gibson het vele kritiek oor ........ ná sy fliek, "The Passion of the Christ", ontvang.
anti-Semitisme of antisemitisme slegs anti-semitisme slegs Anti-Semitisme slegs Anti-semitisme
Afleidings op "-is", "-isme", "-istiek" en "-isties" wat uit eiename gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter (AWS 9.21).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Hy het ........ trou opgetree.
ter goeder te goeder ten goeder te goede
Die vaste uitdrukking beteken 'met goeie bedoelings'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)