01 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-04-2026 só ingevul:
In sommige ondersoeke word ........ toegelaat; in ander nie.
leuen verklikkers leuen-verklikkers leuenferklikkers leuenverklikkers
ʼn Samestelling (“leuenverklikkers”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“leuen” en “verklikkers”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ Dit is van kritieke belang dat alle rolspelers saamwerk om die droogte te pak, ........ sê die minister.
enkelaanhalilngstekens aandagstrepe dubbelaanhalingstekens geen leestekens
Ons gebruik dubbelaanhalingstekens om 'n aanhaling aan te dui. Dit kan 'n woord, frase, sin of 'n langer stuk teks wees. (AWS13.4)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Weens swak beplanning, was die Lichtenburgpad vir tien jaar ........ .
aan gebou in aanbou
As iets nog gebou word, sê ons dit is "in aanbou".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die ........ is die voorsitter van die parlement.
speaker of Speaker slegs speaker slegs Speaker
'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)