01 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-04-2026 só ingevul:
Die ........ meisie het eenkant gestaan terwyl die ander gedans het.
slegs bedeesdte slegs bedeeste slegs bedeesde bedeesde of bedeeste
ʼn Deelwoord is ʼn woord wat deels ʼn werkwoord en deels ʼn ander woordsoort (selfstandige of byvoeglike naamwoord) kan wees. As die werkwoord op "f", "g" of "s" eindig, kry dit "ge-+-te" of "ge-+-de" in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Ek dink dit is tyd dat jy 'n polis ........ .
ytneem eitneem uitneem
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “eitneem” of “ytneem” in plaas van die korrekte “uitneem”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Leonie het van haar man 'n karba van die beste wyn as ........ ontvang.
huweliks herdenkingsgeskenk huweliksherdenkings geskenk huweliks herdenkings geskenk huweliksherdenkingsgeskenk
Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons het Kersfees aangename besoek van die familie gehad. 'n Sinoniem vir "aangename" in bostaande sin, is ........ .
bedeesde uitbundige sombere lekker
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "aangenaam - lekker", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)