31 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-03-2026 só ingevul:
Hoe hy ook al ........ het, hy kon niemand oortuig nie.
bond gespring bondgespring bont gespring bontgespring
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die woorde "vermy" en "vermei" is ........ .
sinonieme antifone homofone homonieme
Die woorde “vermy” en “vermei” is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "vermy" beteken 'ontwyk'; die woord "vermei" beteken 'jou verlustig'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Homofone.
'n Peettante is ........
die tannie wat kyk dat kinders nie peuter nie. jou pa se suster. die vrou van oom Peet. die vrou wat die ouers van die kind by die doop beloof om hulle te help om na die kind te kyk.
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “peettante”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Die woord "peettante" of "peetma" is die vrou wat die ouers beloof om te help om na die kinders om te sien. Dit kom van die Latynse woord "patrinus" wat 'van die vader' beteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Ek het baie respek vir die werk wat prof. Burger vir Afrikaans doen. 'n Sinoniem vir die woord "respek" is ........ .
deernis minagting verwondering ontsag
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Ander woorde wat sinonieme van "respek" is, is "eerbied" en "agting".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)