Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 31 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-03-2026 só ingevul:



James het baie geld, maar hy loop nie daarmee te koop nie.
Wat is die woordsoort van "koop" in bostaande sin?
22 % (afgerond)selfstandige naamwoord
19 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
5 % (afgerond)voornaamwoord
54 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "koop - gekoop".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek sal die tuin ........ wanneer ek by die huis kom.
nat-gooi
90 % (afgerond)natgooi 
10 % (afgerond)nat gooi

Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n byvoeglike naamwoord ("nat") en 'n werkwoord ("gooi").
Sien ook die bladsy Samestellings.



Christene vier tydens ........ die opstanding van Christus.
85 % (afgerond)Pase 
1 % (afgerond)paase
12 %Paase
2 % (afgerond)pase

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Idioom: Oos wes, ........ bes.
tuin
2 % (afgerond)huis
werf
98 % (afgerond)tuis 

Hierdie idioom beteken 'in jou eie huis is jy die gelukkigste'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties