30 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-03-2026 só ingevul:
Wat noem ons iemand wat van Madrid kom?
Madrileen Madritter Madridter Madrileen of Madridter
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Wat is die intensiewe vorm van "bemind" in die volgende konteks (die aanhef van 'n inskripsie op 'n grafsteen)?: "In liefdevolle herinnering aan my ........ eggenoot en ons liewe vader."
veelbeminde teerbeminde diepbeminde
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad waarvan die twee dele byna altyd as een woord geskryf word. Die woord "teerbeminde" beklemtoon die intensiteit van die tere emosionele liefdesband wat eens tussen die afgestorwe en die agtergeblewe huweliksmaats bestaan het. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe#Afrikaans)
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.
drie maande basiese opleiding driemaande- basiese opleiding driemaandebasiese opleiding driemaandebasiese-opleiding
Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn". AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die afkorting "GHz" staan vir ........ .
Germaans-Hollandse zoeloe Germaanse hertz Generaal Hertzog gigahertz
"GHz" is 'n afkorting wat as simbool gebruik word vir wetenskaplike notasies en ander genormeerde kort skryfwyses. Ander voorbeelde is "V" vir "Volt"; "g" vir gram; "EUR" vir "euro".
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)